Kanker maak nie onderskeid nie.

Dit neem nie jou beursie in ag nie.

Dit neem nie na jou status in ag nie.

Kanker kyk nie of jy tyd beskikbaar het nie.

Kanker neem nie jou omstandighede in ag nie.

Dit neem nie jou fisiese gesondheid in ag nie.

Dit neem ook nie jou emosionele gesondheid in ag nie.

Kanker neem nie die ouderdom van jou kinders in ag nie.

Kanker is hard.

En kanker is rou.

Kanker is wreed.

Deel gerus hierdie post met n kankerpasiënt, want sy sal dan weet dat jy begrip probeer hê, dat jy met sagte oë na haar kyk.

Sy sal dan weet dat al kan jy nie haar omstandighede verander nie, wens jy dat jy kon.

Sy sal dan weet dat al kan jy nie die pad vir haar stap nie, jy graag langs haar wil stap.

Sy sal dan weet dat jy omgee – en omgee hou n kankerpasiënt se arms hoog.

Moet nooit die waarde van jou boodskap, jou oproep, jou drukkie en jou gebede vir n kankerpasiënt onderskat nie, want dit maak die alleenpaadjie wat kanker soms kan wees, soveel makliker. Dit maak haar sterk. Dit gee haar moed. Dit maak dat die volgende woorde haar waarheid kan word:

I am not dying from cancer, I am living

with cancer!

Namens elke kankerpasiënt sê ek vandag dankie aan elke vriendin, elke ondersteuner, elke familielid wat die pad saamstap – ons sien dit raak! En ons dank Hom vir JOU in ons lewens.

Groete.

Janine