10 dinge wat jy vir iemand kan sê wat met borskanker gediagnoseer is. Gewoonlik weet ons mos nie wat om te sê nie en dan vermy ons die persoon of die situasie (wat nie die regte boodskap oordra nie).

1. Ek weet nie wat om vir jou te sê nie, maar ek is hier vir jou.

2. Voel jy gemaklik om met my te deel hoe jy voel? Ek respekteer dit natuurlik as jy nie kans sien om daaroor te praat nie.

3. Hierdie moet baie moeilik wees vir jou en jou familie. Neem enige tyd die vrymoedigheid om te sê as daar iets is wat ek vir jou man en/of kinders kan doen om dit vir jou makliker te maak.

4. Ek weet nog glad nie hoe om jou te ondersteun nie, maar ek gaan nêrens heen nie.

5. Ek volg jou leiding met wanneer jy gereed voel om jou journey te deel. Moet nooit voel dat jy wel met my MOET deel nie.

6. Ek wil jou graag help. Sê vir my wanneer jy gereed is om n paar take vir my uit te deel.

7. Wil jy hê ek moet jou bel? Of is dit vir jou beter dat ek eerder nie bel nie?

8. Kan ek jou kinders Saterdagmiddag so 3 uur kom oplaai om bietjie saam met my mall toe te gaan? (bv)

9. Ek gaan vanmiddag Spar toe. Wat kan ek sommer vir jou ook kry en net by jou hek aflaai?

10. Ek wens dit was nie nodig gewees vir jou om hierdeur te gaan nie.

More deel ek n paar tips van wat jy eerder NIE moet sê vir n vriendin wat met borskanker gediagnoseer is nie.

Liefde Janine