Die volgende sê ek nie om enigeen die skrik op die lyf te jaag nie, maar dit is n klein deeltjie van die harde en rou werklikheid van borskanker. (Ek hoop egter dat indien jy ongeërg is oor borskanker en dink dat dit nie oor jou pad sal kom nie, jy wel die skrik op die lyf gejaag word om ook JOU risikos te besef)

n Borskankerdiagnose is 
huge – jy word onmiddellik gekonfronteer met dit waarmee jy nie gekonfronteer wil word nie:  die dood.

Borskanker chirurgie is huge – n mastektomie of n dubbele mastektomie het n groot impak op jou gevoel-van-vrouwees. Die veranderinge in jou lyf is lewensveranderend. Die letsels wat hierdie chirurgie los, is emosioneel selfs erger as fisies. Dit is n skok op jou gees net soveel soos wat dit n skok op jou lyf is. 

Chemo is huge – behalwe dat dit jou fisies siek kan maak, kan dit jou ook geestelik siek maak. Chemo vir borskanker veroorsaak gewoonlik dat jou hare uitval, soms ook jou wenkbroue en wimpers. Wanneer jou hare begin uitval, skep die wind dit sommer so van jou kop af. Daar is hare orals, jy kan nie eers kos voorberei nie, jou kopvel is dan ook baie gevoelig en teer. 
Chemo kan jou are brand, soos met n brandwond. Ek het bv chemo deur die are van my voete moes kry, dit was baie seer en ongemaklik, my een voet het amper 2 x sy grootte geswel van n brandwond in die aar en infeksie wat dit gemaak het. 
Chemo kan jou naels laat oplig, in sommige gevalle kan jou naels selfs afval. 
Chemo en die gepaardgaande kortisoon kan jou beendigtheid laat afneem, tot so n mate dat van jou gewrigte osteopenie of osteoporose kan ontwikkel. 
Chemo push jou onmiddellik in menopause in, sonder die luxury van hormoonaanvullings om die newe-effekte te verlig. 
Die newe-effekte van chemo word vir baie maande nadat chemo reeds gestaak is, gevoel. 
Chemo-brein is n realiteit – jou konsentrasie en geheue kapasiteit kan drasties afneem.

Radiasie is huge – dit is soos n erge sonbrand, maar dink jouself in die volgende in:  Nadat die son jou stukkend en rou gebrand het, moet jy die dag daarna en vir baie dae daarna (vir ongeveer 30 dae daarna) weer in die son gaan lê om die rouheid net nog erger te maak. Radiasie kan jou vel laat bars en bloei, dit is n seer storie. 
Radiasie kan jou ook baie moeg maak.

Hormoononderdrukking (wanneer jou borskanker estrogeen en progesteroon positief is) vir 5-10 jaar na jou aanvanklike behandeling, is huge – dit kan baie gewigstoename veroorsaak, gewrigspyne, moegheid en hoofpyne ook onder andere. 

Wil JY werklik die risiko loop om bogenoemde aan jou eie lyf te ervaar? Jy kan dit voorkom of baie vroeg optel. Let op die volgende veranderinge in jou borste en maak n afspraak met jou GP indien jy selfs net 1 van hierdie veranderinge opmerk: 

1.  n Knop of enige swelling in n bors
2.  Enige uitskeiding uit n nipple
3.  n Knop of swelling onder jou arm
4.  Die vel wat induik of n lemoenskil-voorkoms kry. 
5.  Enige rooi uitslag
6.  Pyn in n bors of onder jou arm. Let asb ook daarop dat meeste kankerknoppe pynloos is.