Ek lees die volgende op iemand se facebookblad:
‘Net gister uitgevind hoekom ek oorgewig is. Dis die shampoo wat ek gebruik! Dit loop teen my lyf af as ek stort en hulle waarsku nogal op die houer: Gives extra body and volume…
Nou gaan ek eerder skottelgoedseep gebruik. Dit sê op die bottel: Dissolves fat that is otherwise difficult to remove’
Nou maak alles sin, né … 😂
Julle kan maar lekker eet oujaar en nuwejaar, onthou net die skottelgoedseep op jou kruidenierslysie!
Extra volume groete.
Janine