Imagine net vir n oomblik dat jy dele van jou lyf moet laat afsny om te oorleef? Dit is die keuse wat jy dalk sal moet maak wanneer jy met borskanker gediagnoseer word. Wil jy voor daardie keuse te staan kom? Wil jy die kans vat?

Dit is slegs tydens borskankermaand wat ek dit sal waag om hierdie tipe foto’s te plaas vir bewusmaking. 
Dit is hoe borskanker (enige kanker) kan lyk. Kanker het nie n mooi aangesig nie, kankerbehandeling gaan lê ook nie altyd gemaklik in jou lyf nie. Vir maande, soms selfs jare daarna, word jy gekonfronteer met seer en ongemak, word jy herinner presies aan dit waarteen jy veg. 

Dit is wat bestraling aan jou kan doen – dit brand jou meer stukkend as wat die seerste sonbrand kan. Die enigste verskil tussen dit en sonbrand – jy moet die volgende dag en die dag daarma en die dag daarna en daarna weer gaan lê vir radiasie om verder te brand. 
Dit is wat chemo aan jou naels kan doen – dit kan oplig, selfs afval en vir jare daarna kan jy sukkel om gesonde naels terug te kry. 
Dit is wat chemo aan jou are kan doen – dit kan dit so seer brand dat jy inflammasie kry in die area. Dan moet jy keer op keer weer en weer en weer chemo deur jou are jaag. 

Let wel, hierdie foto’s is nie altyd die norm nie. Sommige mense kry weer ander newe-effekte, jy gaan egter nooit weet wat kanker en die gepaardgaande behandeling aan jóú gaan doen nie. 
Hierdie is nie n bangmaak post nie, ook nie n ‘ag shame’ post nie. Hierdie is vir borskanker bewusmaking, dit is die rou werklikheid van kanker.

Het jy al jou mammogram gedoen? Indien jy so n lewensveranderende siekte kan keer en/of betyds kan optel, hoekom sal jy nie?