andag se stukkie plaas ek vir dié mense wat voel of hulle dag, hulle week, hulle maand, hulle jaar, eenvoudig te oorweldigend is. Vir dié wie voel dat hul omstandighede groter is as dit wat hulle kan hanteer. Vir dié wie hartseer is, dalk bang is, of eensaam voel, of onsekerheid beleef, of groot bekommernisse het. Vir dié wie voel om hulleself in hulle duvet te gaan toezip en net n bietjie weg te kruip vir die lewe. Vir dié wie voel dat hulle nie meer een verdere tree kan gee nie.

Ekself het al meer as 1 maal aan die volgende teksvers vasgehou, dit het my telkemale weer krag gegee om die spesifieke dag of spesifieke omstandighede of die lewe weer in die oë te kyk – share dit asb met iemand wie jy dink nodig het om daaraan herinner te word vandag. Indien daar iemand in jou kop oppop, moenie die gedagte ignoreer nie, daardie persoon het dit heel moontlik broodnodig om die volgende te hoor en die Here het JOU nodig om dit vir hom/haar te sê.

2 Kor 12:8-9
Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My Genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”

n Mooi naweek verder vir elkeen van julle!
Janine