Ek is baie bevoorreg om sulke ware vriendinne in my lewe te hê.
Vriendinne wat onselfsugtig is en jou nie kwalik neem wanneer jy met tye afwesig raak nie.
Vriendinne wat onvoorwaardelik vir jou omgee, altyd bly omgee.
Vriendinne wat jou respekteer vir jou manier van hantering van situasies.
Vriendinne wat jy op kan staatmaak om jou in hul gebede te hou, veral daardie tye wanneer jou eie gebede aan die plafon vashaak.
Vriendinne wat opreg is in hulle uitvra na jou welstand, hulle vra nie uit nuuskierigheid uit nie.
Vriendinne wat nie boekhou van wie die laaste keer n boodskap gestuur het nie.
Vriendinne wat wanneer dit nodig is geduldig n eenrigtingstraat-vriendskap aan die gang hou wanneer jy net te moeg is om jou deel van die vriendskap te doen.
Vriendinne wat harte van suiwer goud het.
Vriendinne wat die Here in jou lewe geplaas het met n doel – om Sy teenwoordigheid in jou lewe elke dag tasbaar te wys.

Vandag sê ek dankie dat ek sulke vriendinne in my kewe het, ek is skatryk!
Vandag gaan ek weer probeer om so n vriendin ook vir my vriendinne te wees.
Vandag gaan ek weer probeer om meer te gee as te ontvang, om meer omgee te wys as dit te verwag.

Ek hoop dat jy ook so n vriendin(ne) in jou lewe het, maar meer nog hoop ek dat jy so n vriendin vir iemand anders is.

Groete.
Janine