“God, grant me the serenity to accept the
people I cannot change, the courage to
change the people that I can and the
wisdom to know that that person is I.”

n Bietjie anders as die ‘gewone serenity prayer’ wat ons ken, né? Maar hierdie een is vol kragtige woorde vir my.
Ons wil so graag altyd ander mense verander. Ons wil ander mense se sienswyses verander. Ons wil ander mense se opinies verander. Ons wil altyd skaaf aan ander. Skaaf aan ander om by óns opinies, by óns sienswyses, by óns verwagtinge en by óns menswees in te pas. Maar die enigste persoon waar ons met 100 % sekerheid verandering KAN teweegbring, is ek. Is jy. Me, myself and I.

‘Ek’ is werklik die een mens waartoe ek maklik toegang het, enige tyd van die dag. ‘Ek’ is die een mens waar ek werklik n groot verskil kan teweegbring. En dan eers kan ek verandering verwag. Positiewe verandering.

Mag ek, en so ook jy, die wysheid hê om elke dag te besef dat ons, ons energie moet onttrek waar ons heeltyd probeer om ander te verander. En die wysheid hê om eerder daardie energie te spandeer om onsself te verander. Mag ons die wysheid hê om te weet dat ons onsself KAN verander.

Thank you God, for giving me the wisdom and the courage to change myself for the better everyday.

Groete.
Janine