Iemand lewer vanoggend ‘n pakkie by my huis af. Sommer net ‘n random pakkie van iets wat ek bestel het. Glad nie iets snaaks wat gebeur by my huis nie, ek bestel immers gereeld pakkies wat afgelewer moet word. Alles verloop glad, tot die afleweraar my vra om sy papier te ‘sign’ om sy woorde te gebruik. Soos wat ek gewoonlik doen, vra ek hom om asb net my vinger te sit presies waar ek moet ‘sign’, want ek is blind.
Vererg hy hom toe sommer daar op die plek vir my!! “Jô Mam, one mustn’t make fun of the blind”. “Definitely not” antwoord ek hom. Maar ek besef toe ook dat ek en hy nie op dieselfde bladsy is nie.
“But I AM actually blind” probeer ek toe nog een keer ernstig verduidelik.
“No no no no” se hy vir my so asof ek hom sopas gevra het om die gras te sny. “The blind can not walk by themselves” se hy ongelowig. “
“Sê wie …” is ek lus om te sê, maar besef toe dat ek hom nie vandag gaan oortuig nie.
Wie het gese dat ‘n blinde nie alleen kan loop nie? Wie het gese dat jy nie dit of dat kan doen nie? Doen wat jy wil! Soos wat jy wil! En doen dit vandag nog!!
We walk by faith and not by sight – daarvan kan ek vandag getuig. Ek het nie sig nodig om op my eie grasperk te stap nie. Ek en jy het ook nie sig nodig om te weet wat die Regte Pad is om te loop na ons Ewige Lewe toe nie. Nee, ons het net die geloof van ‘n enkele mosterdsaadjie nodig. n Mosterdsaad is klein en nietig, maar dit groei tot in ‘n grote boom. Ons geloof, hoe klein ook al, kan berge versit vir nie slegs ons Ewige Lewe nie, maar ook ons lewe hier op aarde.
Lekker stap – of jou oë nou wyd oop is en of hulle glad nie wil oop nie – hou jou siende of jou blinde oē gevestig op die eindbestemming.
Mooi dag verder vir julle!
Groete. Janine