‘Hoop’ is ‘n 4-letter woord.
‘Seer’ ook.
‘Huil’ ook.
‘Krag’ ook.
‘Kies’ ook.

As jy nou ooit moet kies wat jy saam met jou in die lewe moet saamdra, is dit hoop.
Ek gun dit vir elkeen van julle dat jy genoeg krag sal ontvang om daagliks hoop te kies.
Ek gun dit vir elkeen van julle dat jy genoeg genade sal ontvang om jou huil altyd in hoop te verander.
Mag dit HOOP wees wat jou laat glo dat beter dinge op jou wag.
Mag dit HOOP wees wat jou sterker maak as enige uitdaging wat dalk nou soos n hoë muur voor jou staan.
Mag dit HOOP wees wat jou dra selfs deur die moeilikste van tye.
Mag dit HOOP wees wat jou tevrede laat voel met waar jy in jou lewe is.
Mag dit HOOP wees wat jou verder laat stap op die pad na waar jy bestem is om te wees.
Mag dit HOOP wees wat jou nie slegs vorentoe nie, maar veral ook boontoe laat kyk.
Mag HOOP die rede wees hoekom jy vanoggend opgestaan het, ten spyte
van …
Mag JY die hoop wees hoekom iemand anders vandag kon opstaan.

Dankie vir elkeen van julle wat MY die hoop gee dat daar meer (baie meer!) sin as vraag in swaarkry is.
Ek sê dankie vir elkeen se betrokkenheid op hierdie blad. Dankie vir elkeen se like, elkeen se share, elkeen se comment.
Mag HOOP ook die rede wees vir die groei van hierdie blad.
Mag HOOP ook die rede wees dat Hy verheerlik sal word – want sonder HOM is daar geen HOOP nie.

Mooi dag verder vir julle!
Groete. Janine