Hoekom staan die stroopbottel steeds onderstebo terwyl selfs ‘n blinde kan sien dat daar nie nog een druppel stroop uitgesqueeze kan word nie?
Hoekom is daar net 5 viennas in die pakkie oor terwyl ek nog 6 rolls het?
Hoekom is daar net ‘n lekseltjie melk in die houer oor, nie eers genoeg vir een koppie koffie nie?
Hoekom kom daar net 3 sokkies uit die wasmasjien en nie 4 soos wat ek ingegeooi het nie?
Hoekom vra jy vanaand 6 uur vir my waar die waspoeier is as jy weet die winkel is eers weer more oop? Die waspoeier het seker saam met daai sokkie pad gevat …
Hoekom sê jy nie vanoggend vir my dat jy lus is vir kerrie en rys toe ek jou vra wat jy vanaand wil eet nie? Nee, maar ons wag totdat ons tuis kom en die vis ruik en dan sê jy dat jy al so lankal lus is vir kerrie en rys…
Hoekom sê jy vir my dat die hondekos op is 10 minute nadat die honde moes kos kry?
Hoekom eet jy al die heel oreos in die pakkie terwyl jy weet dat ek ook net van die heles hou?
Hoekom gaan die petrolprys more op terwyl dit reeds verlede maand opgegaan het?
Hoekom is daar net 27 jellybeans in die sweatspakkie as ek 2 kinders het? Daar moet mos dan 28 wees?
Hoekom het jy gesê dit gaan ‘n lekker naweek wees as jy die hele tyd voor die TV le en slaap?
Hoekom hou die skool op ‘n Maandagaand vergadering met die ouers?
Hoekom sê hulle op die afkondigings dat die mense wat ‘Weighless’ doen die kerk se DUBBELdeure moet gebruik vir hulle byeenkoms? Hoekom kan hulle nie die enkeldeur gebruik nie?
Hoekom moet ek altyd 6 uur soggens by die hospitaal wees as ek elke keer tot 9 uur in ontvangs wag om opgeneem te word?
Hoekom het net 3 van my 8 bakke deksels?
Hoekom is die vadoek altyd vuil? Dit droog mos net skoon skottelgoed af?
Hoekom is die vuur altyd nog te warm wanneer almal reeds honger is?
Hoekom moet die een wat nie ys gebruik nie altyd die ysbakkies volmaak?
Hoekom het jy nie geweet dat ek my hieroor gaan vererg as ek my altyd hieroor vererg nie?
Hoekom vra ek al hierdie vrae??

Die lys gaan aan, né? Sterkte met al jou vrae vir die dag!! 🤣🤣

Mooi dag vir julle!
Groete. Janine