Voel dit soms vir jou of die dae net eenvoudig vir jou weghardloop? Asof dit BO-OOR jou hardloop? Asof jy iewers agtergeraak het?
Soms voel dit vir jou of jy net oorleef. Onseker, deurmekaar, onderstebo dae waar jy net moet oorleef. Waar die dae baie vinnig by jou verbyhardloop sonder om vir jou te wag.

En dan, in ons probeer om te oorleef, gebeur dit dat ons so baie dae by die Here verbyhardloop. Ons is soms so besig om net te oorleef, dat ons die Here se engele op ons pad mis. Ons hardloop by hulle verby sonder om links of regs te kyk. En dan begin ons te glo dat ons op ons eie is. Alleen. Soms slaan ons ‘n eie koers in, sien dan nie raak hoeveel genade Hy vir ons op ons pad gee nie.

Vandag wil ek he moet ons bietjie gaan stilstaan en net weer besef:
Ek weet Wie my God is.
Ek weet aan Wie ek vashou.
Ek weet Wie saam met my stap.
Die Een wat die wind en die weer in Sy Hande hou, wat donker in Lig verander, wat vir die duiwel se waar hy mag en nie mag gaan nie.
DIT is my God. En daarom sal ek nie bang en onseker wees nie. U is by my. Altyd. En dit is vir my genoeg. Genoeg sodat die dae nie bo-oor ons hoef te hardloop nie.

Raak net stil vir 1 minuut en neem hierdie weer in.

Lekker dag verder vir julle.
Janine