Vandag se stukkie is kort, maar neem asb elke woord daarvan in:

Geluk begin by JOU
Nie by jou verhoudings, of by jou vriende, of by jou werk, of by jou bankbalans, of by jou voorkoms of by jou gewig nie. Geluk begin ook nie by jou gesondheid nie.
Geluk begin diep binne JOU
Daar waar jou hart en siel geraak word.
Net JY kan sorg dat jy gelukkig is.
Dis jou keuse, jou verantwoordelikheid, jou denke, jou gesindheid teenoor lewe en teenoor jou omstandighede – dit bepaal geluk.
Geluk is om raak te sien wat jy het en nie vas te kyk teen dit wat jy nie het nie.
Geluk begin by jou vermoë om elke oomblik met liefde, uit genade, en met dankbaarheid te leef.

Ek gun vir jou geluk!!

Mooi dag verder vir almal.
Janine