Vir n besige Maandag, dink ek is die volgende gepas:

Ons is soms so besig, dat ons nie kwaliteit aandag gee aan ons Bybelstudie, ons stilwordtyd en aan gebed nie. Aan ons persoonlike verhouding met God nie. Na n besige dag raak ons soms saans aan die slaap nog onder gebed. Dit gebeur met die beste van Christene, soms te moeg om soggens vroeër op te staan vir daardie rustige stilwordtyd, soms te moeg om saans later wakker te bly daarvoor. As ons nie beplan daarvoor nie, val dit so maklik deur die krake. En dan kan ons nie verstaan hoekom ons so onrustig voel in ons binneste nie, maar dan het ons dit eintlik self veroorsaak.

Die volgende is vir my só raakgevat!

‘N BESIGE DAG MAAK GEBED SOVEEL MOEILIKER, MAAR GEBED MAAK N BESIGE DAG MAKLIKER’

Dit is baie waar, né?

Mooi bly!
Janine