s jou gebede soms ook soos flenterstukkies? Sulke gebarste bubbles en flenterstukkies bid? Partykeer raak ons mos so in n gewoonte-bid vasgevang, so n heen-en-weer van woorde …

Nou die dag sê iemand die volgende, wat so mooi was vir my.
Sy së: Op n dag kom vat die lewe ons bid weg. Dit is asof daar n bubble in my hart is. En in daardie bubble het ek my perfekte lewe geleef, het ek my perfekte bid gebid. In daardie bubble was daar nie plek vir dood of siekte of stukkend of seer nie. In daardie bubble van my het ek nooit gedink die lewe sal met my gebeur nie.
En dan gebeur die lewe.
En my bubble bars.
En toe my bubble bars, het die kwaad en die bang en die moeg dwarsdeur my lyf gespoel, sommer so bo-oor my. En toe raak my bid ook sommer weg. En toe kan ek net in flenterstukkies bid, want my bubble het gebars.

Maar weet julle, soms moet n mens se bubble bars sodat die Here weer n plekkie daar binne kan kry. N plekkie tussen al die ‘voorgee’ en die ‘fake’ en die ‘maskers’.
Soms moet ons bubbles bars sodat ons gedwing word om in flenterstukkies te bid. Vandag wil ek vir jou sê: Koester daardie bubble van jou wanneer dit bars, koester daardie flenterstukkies gebede, want dit is juis DIT wat God gebruik om ons heel te maak.

Sterkte vir elkeen van julle wat in flenterstukkies bid omdat jou bubble dalk gebars het sonder dat jy dit gekies het. Hou net aan bid, Hy verstaan ons flenterstukkies bid, Hy verstaan so goed van gebarste bubbles. Mag elkeen van ons met sagte oë kyk na die mense rondom ons wie se bubbles dalk onverwags gebars het.

Mooi dag verder vir elkeen van julle!

Groete.
Janine