‘Next week has been exhausting’

Eers laat dit my smile, maar toe begin dit met my te praat. Hoe baie kere begin ons nie om op n Sondag, soms selfs n Saterdag al, opsien na next week nie? Ons weet wat se werk vir ons wag, wat se uitdagings in ons persoonlike lewens vir ons wag, wat se lang ure of moeilike ure die dae dalk gaan inhou. En dan begin ons om onsself te exhaust nog voordat ons met die week begin het! Ons laat onsself met n agterstand begin, sonder dat ons dit besef.

Hierdie is iets waaraan ekself persoonlik werk op hierdie stadium – om nie so heeltyd op te sien na next week nie. Nie heeltyd op te sien na dinge in die lewe nie. Dit veroorsaak op die end dat ek opsien na LEWE, en daardie gedagte op sigself is erg exhausting.

Mag elkeen van julle wat dalk ook iets in jul lewe het waarna julle opsien, saam met my besef dat ons wel die keuse het om ook iets te vind of iets te create waarna ons ook kan uitsien. Ons elkeen beskik oor die vermoë om uitdagings wat nie ons keuse is nie, te face, MAAR ons beskik ook oor die vermoë om terselfdertyd iets raak te sien wat mooi is, wat goed is, en wat selfs lekker kan wees.

Na wat sien jy op in next week? En na wat sien jy uit? Antwoord bietjie hierdie vrae so in jou gedagtes, of deel dit sommer hier met ons almal.
Van my kant af voel ek steeds om te sê ‘next week has been exhausting’, maar next week bring ook vir my n paar minute van later slaap elke oggend, want ek hoef geen kind wakker te maak vir skool nie!! Jippie!!

Groete.
Janine