Hoor julle? Dit is nie ‘either you win or you will lose nie’. Dit is ‘either you win or you will LEARN’.

Vandag is my wens dat elkeen van ons nie bang sal wees om te leer nie. Mag Hy ons die wysheid en insig gee om te besef dat ons slegs ons volle potensiaal kan bereik as ons bereid is om te LEER uit ons ervaringe, uit ons foute, uit ons swaarkry en seerkry.
Niemand wil onverantwoordelike risiko’s neem nie, want niemand wil aan die ‘lose’ kant van risiko’s beland nie. Ons moet ook nie risiko’s neem wat onsself of die mense rondom ons in die voet kan skiet nie, maar ons moet ook baie bedag wees daarop dat ons nie onsself weerhou van enige groei omdat ons te bang is om te LEER nie.

‘N Mooi naweek vir elkeen van julle!

Groete.
Janine