Laas week was dit Woensdag 29 Desember.
En volgende week gaan dit Woensdag 12 Januarie wees. Dit is feite. En dit gaan nie verander nie

Wat is daar in jou lewe wat feite is, wat nie gaan verander nie? Onmiddellik gaan ons gedagtes na die slegte dinge toe, ne. Die dinge wat jy graag sou wou gehad het NIE n feit moes wees nie. Nie n harde werklikheid moes wees nie. Nie so seer moes wees nie. Ek weet glad nie wat elke een van julle se ‘feite’ is vir hierdie jaar nie, en natuurlik wens ek jou alle sterkte en die Here se onfeilbare genade toe daarmee.
Wat ek egter wel weet, is dat elkeen van ons ook n paar ‘goeie feite’ in ons lewens het. Dit is die dinge of die mense wat dit vir ons die moeite werd maak om op te staan soggens, wat ons die dag laat aanpak met moed en soms ook n stuk opgewondenheid. Dit is die dinge wat ons laat LEWE. Kom ons fokus net vir n oomblik op die ‘goeie feite’ in ons lewens, want ons het dit nodig, dit is die dinge wat ons oplig, ons ophef, ons werklik kan laat lewe. En ek glo vas dat dit is wat Hy vir ons wil hê. Kom ons fokus bewustelik daarop sodat die ‘negatiewe feite’ van ons lewens ons nie die hele tyd in modderige moeraswater intrek nie.

Jy LEWE! Ek lewe. Laat ons daarvoor dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarvoor ook elke dag probeer uitleef. Dit so probeer uitleef dat ander mense ook daardie LEWE kan sien en kan begin ervaar.

Groete.
Janine