Ek lees die volgende stukkie nou die dag en my wens is dat dit vir elkeen van julle n werklikheid sal word:

‘Die trane wat jy in 2021 gehuil het, is die water vir die sade wat in 2022 gaan groei’

Ek besef egter dat dit nie so eenvoudig is soos wat dit klink nie. Baie van julle se trane is diep-diep gewortel, trane wat jou normale ritme van die lewe ontwrig en omvergegooi het. Trane wat veroorsaak dat jou visie vir 2022 dalk nog verblind word op hierdie stadium. Trane wat 2022 miskien soos n stuk vrees of onsekerheid of moedeloosheid op jou voorstoep staangemaak het.

Onthou asb elke oomblik: Ons elkeen het reeds n mosterdsaadjie in ons harte. En Hy kan daardie mosterdsaad gebruik, al is dit hoe klein. Ons moet egter WIL, ons moet Hom toelaat om die regte Water vir ons mosterdsade te gee.

Ek bid dat Hy vir my en so ook vir jou die krag sal gee om ons trane van 2021 so te kan aanwend dat ons mosterdsade groei in 2022. Kom ons pak dit saam aan, my visie is n bos vol groot Mosterdsaadbome, ek weet dat dit moontlik is en ek dank Hom reeds dat Hy hierdie pad verder saam met my en jou gaan stap.

Groete. Janine