Ek – en so ook jy – het elkeen soms ‘n stuk ‘lonely road’ wat ons moet ‘travel’. Het jy al gedink wat spesifiek hierdie alleenpaadjie in jou lewe is?

Dalk is jou lonely road jou eens gelukkige huwelik wat verbrokkel het en wat jy nou as geskeide of as enkelouer moet stap.
Dalk is jou lonely road jou toekoms wat jy in onsekerheid sonder n lewensmaat aan jou sy moet instap.
Jou lonely road is dalk die seerkry omrede jou volwasse kinders nie meer moeite met jou as Pa of Ma doen nie.
Baie van julle stap weer ‘n lonely road waar jy ‘n kind, ‘n Ma, ‘n Pa, ‘n sussie, ‘n boetie, ‘n geliefde aan die dood afgestaan het en jy voel dat jy alleen dra aan jou seerkry.
Net so is daar baie van julle wat ‘n geliefde nie aan die dood nie, maar aan die lewe afgestaan het – ‘n geliefde wat wel nog asemhaal, maar wat nie meer dieselfde mens is as gevolg van dimentia of alzheimers nie.
Jou lonely road is dalk ‘n geliefde wat ‘n pad gekies het wat jy nie gemaklik voel om saam te stap op daardie pad nie.
Dalk is jou lonely road jou werksomtandighede; geen ondersteuning wat jy ervaar te midde van baie druk nie.
Dalk is jou lonely road die feit dat jy nie ‘n werk het waarnatoe jy soggens kan gaan nie.
Jou lonely road kan dalk depressie wees; n alleenpad wat jy stap sonder dat ander begrip daarvoor het.
Dalk is jou lonely road jou bekommernisse – bekommernisse oor finansies, oor gesondheid, oor uitdagings in jou lewe wat jy nie met almal kan deel nie.
Dalk is jou lonely road ‘n chemokamer, ‘n bestralingsmasjien, ‘n chemopil wat swaar aan gesluk word.
Dalk is jou lonely road die gebrek aan hartsvriendinne, sielsvriende wat jou hartklop en jou menswees verstaan.

Dink vir ‘n sekonde aan wat JOU lonely road vandag is?
Indien ek uit my eie lewe moet deel met julle, is my loneliest van roads die dae soos vandag wanneer ek by ‘n teater ingestoot word. Alleen. Ja, met wonderlike dokters en bekwame en vriendelike susters om my, maar dit kan so verskriklik alleen voel om te midde van al die geskarrel alleen op daardie staalbedjie te moet lê. Ontbloot. Bang. Die besef van jou nietigheid. In die paar sekondes wat narkose my nog nie heeltemal in sy greep het nie, besef ek telkemale dat ek ‘n keuse het op daardie einste harde bedjie: Dit kan ek wees, of dit kan ek en God wees. Niemand van jou geliefdes is by magte om saam met jou op daardie koue bedjie te lê nie, MAAR niemand is ook by magte om Hom toegang te weier saam met jou op daardie bed nie! En dit, DIT maak my op my lonely road to travel, soveel minder alleen voel. Dit gee my rustigheid, gee my vrede van verstand en van gees dat ek maar net kan oorgee aan die narkose, dat Hy nou verder wakker bly en oor my waak. Dan is my lonely road mos nie meer ‘n alleenpaadjie om te stap nie, dan stap God die pad in teater VIR my en dra Hy my en die dokters en die teaterpersoneel tot waar ek moet wees. Wat ‘n groot gerusstelling is dit nie, né?

So kan ons baie lonely roads vir mekaar opnoem. MAAR elke lonely road het ‘n gemene deler soos wat ons in die Wiskundeklas op skool geleer het. En hierdie gemene deler is ALLEEN VOEL. Jy kan te midde van ‘n huisgesin, ‘n familiekring, ‘n vriendekring, ‘n ondersteuningsnetwerk, steeds met tye so vreeslik alleen voel op jou pad. Alleen voel in dit wat in jou lewe gebeur. Alleen voel in dit wat jy moet face, alleen voel in dit waaroor jy oorwinning moet kry. En dit is daardie alleenwees wat jou op jou spesifieke lonely road to travel pootjie. En indien jy nie bedag is op die destruktiewe effek wat ‘n lonely road vir jou kan inhou nie, gaan jy altyd ander mense kwalik neem vir jou alleen voel op jou pad, gaan jy ander kwalik neem vir jou alleen voel in jou spesifieke omstandighede, gaan jy ander kwalik neem dat jy alleen moet travel.

Vir my persoonlik is die heel ergste van ‘n lonely road wat jy travel, wanneer jy nie bereid is om hierdie alleenheid hier diep binne-in jouself, hier diep in jou ‘core’ aan te spreek nie. Dood, egskeiding, mislukte verhoudings, depressie, siekte, noem maar op – dit sit jou op n lonely road. Maar geen ander mens, geen beter omstandighede, geen begeertes kan daardie gevoel van alleenheid wegvat nie. Daar is slegs Een wat jou altyd, in alle omstandighede, sal vergesel op jou lonely road to travel. Een wat jou daar in jou diepste binneste laat besef dat jy NIE alleen is nie. En al wat ons hoef te doen, is om dit net te kies. Ja, dit net eenvoudig te kies. Hom te kies. Om net te vra: “Here, stap saam, stap asseblief hierdie lonely road vooruit sodat ek net in U voetspore hoef te volg.”

Vanoggend het ek ‘n opregte gebed in my hart vir elkeen van julle op hierdie blad:

Vader, U weet wat elkeen van ons se loneliest road is wat ons vandag moet travel. Help ons om nie so arrogant te wees om te dink dat ons in staat is om ons lonely road alleen te kan stap nie. Skenk ons die insig om raak te sien dat U vir ons engele op aarde gegee het om saam met ons te travel. Gee ons krag, skenk ons genade sodat wanneer ons vanaand weer ons oë sluit, ons met ‘n sekere wete sal kan sê en sal kan getuig dat vandag se stuk pad nie die loneliest road was om te travel nie, want U was ons metgesel wat ons vooruitgegaan het.

Rom. 8:38-39
‘Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.’

Maak vandag hierdie eenvoudige en gemengde-taal-skrywe van my, jou eie, want dit kom diep vanuit ‘n lonely plek in my eie hart. En deel dit gerus met iemand wat jy van weet wat dalk ook ‘n moeilike en lonely road moet travel vandag.

Met liefde van Janine