Ek staan nogal bekend daarvoor dat ek nie altyd dadelik n goeie grap vang nie, gewoonlik moet ek eers daaroor dink voordat ek kan begin lag. Dan het die ander al ophou lag. Dis egter die simpel grappe wat ek dadelik ‘click’ en my wil doodlag voor. Soos die volgende een (dalk is daar van julle wat ook soos ek funksioneer wanneer dit by grappe kom):

‘Moet nooit dink jy is lelik nie.
Jy is, maar moet net nie dink daaraan nie’ 🤣🤣

Nou ja, julle moenie te veel dink die naweek nie … 🤪
Hoop jou dag hou ook vir jou iets in om oor te lag!

Mooi naweek verder vir almal!
Janine