Wie van julle hou ook elke oggend roukol? Van jou hare? Wel, ek doen. En meeste oggende voel dit of ‘n hele klomp hare net eenvoudig nie opdaag nie! Die audacity!!

Ja-ja ek weet, die regte shampoo, die regte gel en mousse en kop-onderstebo-gooi terwyl jy hare droogblaas, ek doen dit. Ek doen dit alles. Elke oggend. In verskillende kombinasies. Die probleem is, van die 6 hare wat ek het is ek gelukkig as 4 opdaag vir elke oggend se roukol-seremonie. En dan kan al hierdie “what-have-you’s” ook net soveel verrig om my presentable by die voordeur te laat uitstap.

Let wel, vir daardie 4 hare is ek baie dankbaar, want dit gee my darem ‘n kans om iets daarmee te doen. Met daardie 4 haartjies werk ek maar saggies, want 2 wil-wil uitchicken…
Daar was al meer as 1 maal in my lewe wat ek met ‘n gladde kaaskop moes opstaan en nie eers roukol kon hou nie. En geen maar geen van Hannon se ‘spuit en buig’ produkte kan iets aan ‘n kaaskop doen nie. So vandag se ek dankie vir my 4 hare wat wel opgedaag het en het ek die hoop dat daar more oggend 6 sal opdaag.

Sterkte vir die van julle wat ook in detail roukol moet hou soggens – laat weet my indien jy ‘n wenresep het om hare te motiveer om ten minste net op te daag!
Thumbs up vir die voorreg om roukol te kan hou!!

Groete van een kop na al julle ander koppe